RSS

Revolusie

03 Nov

REVOLUSIE

Jou fokus is na voor
Elke deel gespan en reg
Daar is erns in jou houding
En ek voel dit aan
Jy is gewillig en paraat
En jy is in afwagting vir die volgende bevel

Die geboue en die mense staan stil en wag
Die simfonie gaan begin
Kies jou baan
Observeer die verkeer
Glimlag

Dan draai die hand
En die Harmonie van vierslag
Soos Mozart se strykers
Vul die strate van my dorp
Ek lees jou bladmusiek
Soos jou revolusies klim
Nog meer, en nog meer
Tot ek die dirigent
Die volgende maat aankondig

Draai af, Trek in, Druk op, Laat uit Draai oop
En die simpfonie speel aan

 
1 Kommentaar

Posted by op November 3, 2011 in Gedigte

 

Etikette: ,

One response to “Revolusie

  1. Jakie

    November 3, 2011 at 7:11 vm

    Hierdie gedig is geskryf nadat ek die nuwe Honda CBR600f gaan toetsry het. DIe masjien het my so meegevoer dat ek digterlik daaroor geraak het!

    Bietjie inligting oor die gedig:
    Ek praat hier van die motorfiets. Die bladmusiek is die digitale revolusie meter, ek is die dirigent en die pratige klank van die 4 silinder 600cc enjin is die simfonie.

    Hierdie fiets was so gebalanseerd dat ek kon voel hier is baie ingineurs vernuf in dit.

    Die verwysing na die gebou en mense was ‘n poging om my herinnering prentjie van my eerste rit af met Durbanweg in Bellville te meng met die prentjie van tyd wat stilstaan en die wereld wat vir daardie oomblik net om my en die motorfiets draai.

    Die glimlag is ‘n baie innerlike tevredenheid wat dan uitspoel op ‘n gesigstrek van glimlag!

    Dan die laaste stukkie is ‘n lys van aksies om die motorfiets van rat te laat verander:
    Draai af – die versneller word toegemaak
    Trek in – die kopperlaar word ingetrek
    Druk op – die rathefboom word met die linkervoet opgetrek
    Laat uit – die koppelaar word gelos
    Draai oop – die versneller word weer oopgedraai
    En die simfonie van die 600cc brul verder.

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: