RSS

MMC 2011

04 Nov

Vir Staffie, Arnold, Hardus en Martin…

Ek maak my oë toe en sien nogsteeds
Die hande sillouette
Die gebalde vuiste
Ek hoor die woorde
“Ek sal nie bang wees nie”
Ek voel nog my wange nat
Die ligte in ‘n boog
Die oproep tot oorlog
En elke hart roep
AMEN!

Daar is verlange in my hart
Vir die stoppelland
En vir die manne
Saam met wie ek ontbyt kon maak
En in die aandlug kon saam mee sing

Vir die maan wat vol
‘n sagte glans oor die heuwels laat lê
En die rooi gloed van die son
Wat finaal die dag groet

Ek is nou weer alleen
Maar ek dra die beloftes van die Here
In my hart
Met Sy hand op my skouer
En die woorde
“Ek is lief vir jou my seun”

 
Lewer kommentaar

Posted by op November 4, 2011 in Gedigte

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: