RSS

Die Robot Oomblik

10 Nov

Die winkels flits een vir een
by haar verby
terwyl sy by die venster uitloer
Sy kan net net bo die deur kyk

Dit reen buite
en die druppels hardloop resies teen die motorruit
van bo tot onder
en soms gryp hulle mekaar en maak n groter druppel

Die druppels hardloop nou stadiger
Mamma het gestop, by ‘n robot

Dan sien sy iets anders

Iets mooi

Dis n motorfiets, onthou sy pappa dit noem
‘n rooi een
Daar is ‘n oom daarop, met swart klere
En n helmet met baie kleure

Hy is nat

En sy wonder of hy ook na die druppel dans kyk
op sy klein venstertjie

Dan waai sy vir die oom
Die oom kyk op
en hy waai terug. Sy oë is vriendelik, en sy waai is opreg.

Tevrede sien sy die oom weer opkyk en wegtrek
Die robot se groen liggie skyn weer

 
Lewer kommentaar

Posted by op November 10, 2011 in Gedigte

 

Etikette: ,

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: