RSS

Die stille toeskouer

21 Nov

Op die saal agter op
Met die ryer wat witkneukel klou
En die knop in die maag
En die angs wat die ryer se spiere span
En n lewe wat flits

Die stille toeskouer staan stil en kyk
Hoe die wiele die pad verlaat
En tuimel en skeur
En die ryer vlieg en val
En lê stil

Die stof en die geraas bedaar
Die aarde draai voort sonder simpatie
‘n mier kriewel oor die ryer se linker stewel

Die stille toeskouer glimlag
en streel die ryer
en troos

 
Lewer kommentaar

Posted by op November 21, 2011 in Gedigte

 

Etikette: , ,

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: