RSS

Golfkanades

20 Apr

Op my verjaarsdag, ses maande gelede, het my swaer my blootgestel aan die wonder wereld van golf. My eerste ervaring was op ‘n woeste dryfwerf op die Bottelary pad (oppad na die Kuilsrivier golfklub). Hy stop vir my ‘n 1 hout in die hand en wys my die basiese vashou, voetposisie, terugswaai, deurswaai, lyfdraai en nugter weet wat nog.

Later was dit ‘n sewe yster en nog later ‘n “pitching wedge”. Alles baie vreemd en verbasend lekker.

Dit sou ek dan as die goggabytoomblik kon bestempel!!!

Dit is ook seker algemende kennis dat baie huishoudings erens ‘n golfstel weggesteek het in die motorhuis as letsel van die goggabyt eendag lank lank gelede. Ek het ook so ‘n letsel. ‘n Goeie vriend van my het saam op die karretjie geklim en ons het vir ons dieselfde golfstel, dieselfde golfskoene, dieselfde golfhempies en dieselfde goldhandsoene aangeskaf. Ons is amptelik nou golfvennote.

So begin ons die woestynvlaktes van die Bellville dryfwerf aandurf met ons toerusting om ons golfdans te vervoolmaak. En ok op die internet raadpleeg ons Youtube om die fyner kuns van golf te bemeester. by die huis “chip” ons na emmertjies en ander bolle en mekaar om ons vaardigheid op te skerp.

Toe gebeur die eerste golfbaandag – twee maande na die eerste byt!!! Die plek, Kuilsrivier golfbaan… Maar die verhaal is eers vir ‘n volgende rondte.

 

 
4 Kommentaar

Posted by op April 20, 2012 in Golf

 

4 responses to “Golfkanades

  1. Roer

    April 25, 2012 at 5:15 nm

    Nou DAAR’s nou ‘n ding wat ek nie kan speel nie. GEEN ball sense nie. Sal graag van jou golfbaandag wil hoor…al kan ek nie speel nie.

     
  2. Jakie

    April 25, 2012 at 8:22 nm

    Hi Roer. Dankie vir die inloer. Daai storie kom eersdaags!

     
  3. DIMPS

    Augustus 1, 2012 at 3:34 nm

    mmm nou wonder ek net waar is die opvolg storie mnr van zyl :-p

     
  4. Jakie

    Augustus 2, 2012 at 10:52 vm

    Daarsy Dimps – dis gedoen!

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: