RSS

My eerste 18 Gate te Kuilsrivier

02 Aug

Bekende gesig van my op die dag. Ten minste was dit in die skaduwee!

Laat ek dit sommer aan die heel begin stel – daar is nie ‘n manier hoe ek ‘n bondige opsomming van die dag se jolyt kan verwoord nie. Daar was bloot net te veel gemengde emosies en gebeure om te noem. Ek sal dus maar bly by die hoogste punte en persoonlikheids indrukke…
Nou reeds ‘n halwe jaar later is dit moeilik om die trauma te onthou. Dis immers waaruit ‘n groot deel van die spel vir beginners en selfs gesoute spelers bestaan. Hoe kan iets wat dan veronderstel om pret te wees, jou so op hol jaag. Ek moet egter saam met die stelling iemand aanhaal waarmee ek later gespeel het: “Jy is vies omdat jy omgee.”. Nou daarmee kan ek saamstem. Dis belangrik dat die bal moet doen wat jy wil. Dis superfrustrasie is dit egter nie gebeur nie.
Lang storie: Hier is die hoogtepunte…

Ons slaan af op die 10de gat (back 9) wat teen Bottelary pad afloop. Ek is erg op my senuwees. Maar ek het mos geoefen. En ek is seker al daardie Youtube clips gaan help. So ek plaas die bal. Fokus, mik, swaai en foeter die bal seker 90m van my af links onder die bome in. Om die waarheid te spreek, as dit nie vir die boom was nie, was my bal beslis in die pad. Daarna kon dit net beter gaan. Tweede hou, top die bal en dit rol 12m tot langs die fairway. Derde hou, die een gaan ek speel al met die bome af tot op die green my ou…. maar dit swenk regs en neuk in die water. Vierde hou was mos maar eintlik ‘n drop langs die water. Vyfde hou speel ek los oor die water, en die green. Sesde hou bereik ek die green, Sewende hou putt ek verby die gat. Daar was nie ;n agste nie, want toe is ek uit die punte.

En so gaan dit toe verder. Dan is ek die kant van die fairway, dan daardie kant. Dan onder die bome, dan in die sand. Soms op die green. En baie selde in die gat.
Maar toe slaan ek egter 3 hou op ‘n par 3!!!! Dis nou tipies golf’. Jy kan super suig en dan tref jy iets reg. EN dan nie weer nie.

Ek was erg moeg na die dag en kon nie wag om weer te speel nie. Die opvolg was die straf op Welgemoed!

 
2 Kommentaar

Posted by op Augustus 2, 2012 in Golf

 

2 responses to “My eerste 18 Gate te Kuilsrivier

  1. DIMPS

    Augustus 8, 2012 at 10:30 vm

    Mooi so my jakie-pakie! hehe
    die welgemoed een sal ek wil hoor…hoe julle manne in die huis gestrompel het en half ontwater was na die brevade van nie golfkarretjie huur nie…

     
  2. Jakie

    Augustus 8, 2012 at 11:57 vm

    hehe – dis lekker dat jy hier inloer my Dimpies. Maar daar was baie method agter die suffering. Ek sal moet kragte opbou vir daardie verhaal :-p

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: