RSS

Getuies van Wie 4

13 Mar

My goeie vriend die Jehova Getuie gaan deur ‘n baie sleg en uitputtende tyd by die werk. Behalwe vir stort en enkele ure slaap per dag, woon hy vir alle praktise doeleindes by sy werk tans. Dit gaan al so vir die afglope maand of drie. Ons probeer ondersteun met bemoediging en ondersteuning, maar min slaap en baie druk maak dit moeilik vir hom.

Nou moes ek hoor dat sy geloofsgemeenskap nog verder druk op hom toepas weens die feit dat hy nie sy godsdiens verantwoordelikhede nakom nie en dus dat sy prioriteite nie reg is nie. Dit verlig uiteraard nie sy spanning nie.

Dit bring my by die wonder oor die godsdienstigheid van die getuies. Deel van hulle teologie, soos ek dit verstaan, is dat geloof in Jesus jou net so ver kry, maar nie daar nie. Jou diens as getuie is die kaartjie wat jou daar kry. En met daar bedoel ek dan ‘n plekkie in die ewigheid. Net om te glo dat Jesus jou verlosser is, is maar net die eerste kriteria. As jy nie werk vir die res nie, dan jammer vir jou.

Jesus het dan juis die juk van godsdienstigheid kom lamlê deur Sy volgelinge te nooi om Hom te volg. Die waarheid wat jou vry maak is mos dat Jesus die Here is. Nou glo die getuies hulle waarheid maak hulle ook vry, net hulle waarheid verbind hulle in ‘n godsdienstige las wat jou kom aanspreek en dreig met afsnyding as jy nie jou ding doen nie (persepsie).

Dit is ook so dat in Jakobus geskryf is dat ‘n geloof sonder dade dood is. Ek intepreteer dit egter so: iemand wat vir Christus is en leef in die oorwinning van Jesus, sal optree in liefde teenoor sy naaste. Dit is tog immers wat die Wet vereis. Liefde vir God en liefde vir jou naaste. Nie ‘n skedule van huise besoek, materiaal uitgedeel en voorlesings op jou kerfstok nie.

Ek kies om die Hoof van my kerk, naamlik Jesus, te volg. Nie die wysheid van mense nie.

 

 
3 Kommentaar

Posted by op Maart 13, 2013 in Geloof

 

Etikette: ,

3 responses to “Getuies van Wie 4

  1. charmaine

    Junie 2, 2013 at 9:42 nm

    Hallo oom, ek is 16. Ek hoop nie oom gee om as ek oom sê nie, meneer laat dink my aan skool. Ek het oom se kommentaar oor Jehovah se Getuies gelees, ek verstaan ook nie rerig al die goed wat hulle van jou verwag as jy ‘n getuie wil wees nie. Maar oom daar staan tog iewers in die Bybel ons moet die Here se goeie nuus verkondig. Nou ek gaan nie na ‘n kerk toe nie en ek lees ook nie so baie Bybel nie, maar my ervaring wat ek nog so ver by al die Kerke kry is, hoekom het elkeen ‘n ander “theory” ? Ons loof tog immers dieselfde Here en ons lees tog almal dieselfde Bybel. Maar ek sal seker nooit daardie een verstaan nie …

     
  2. Jakie

    Julie 15, 2013 at 10:28 vm

    Hallo Charmaine. Dankie vir jou lees en jou kommentaar. Jammer ek antwoord nou eers. Die blog ding gebeur so op ‘n aan-af basis. So ek reken vandag is een van die aan dae😉

    Voor ek verder tik wil ek net vir jou sê dat ek allermins ‘n kundige is. Hierdie dinge wat ek skryf hier is my persoonlike waarnemings en gedagtes rondom die kwessie. En ek probeer maar so opreg daaroor bly soos ek kan.

    Die saak van die Johovah getuies is ‘n teer een en ek probeer werklik altyd in liefde daaroor dink en gesels. Jy is reg dat ons mense van die Here moet vertel, maar juis in hierdie stelling alreeds kom ‘n belangrike skeipunt tussen die Getuies en die res van die Christendom. Wie erken ons as die Here. ‘n Goeie vriend en teoloog het eenkeer kommentaar gelewer dat indien Jesus nie die middelpunt van jou geloof is nie, dan het jy ‘n probleem. Die groter Christendom aanbid Jesus as verlosser en God, maar die Getuies reken Hom eerder ‘n belangrike rolspeler in God (Jehovah dan) se groter plan en ken Hom dus nie as God nie. Ek is nie seker wat hulle als van Jesus sê of glo nie, maar beslis nie God nie.

    So Die Jehovah Getuie vertel dus vir mense van God (maar nie pertinent Jesus nie) waar die res van die Christendom Jesus as Here en God verkondig. Hulle fokus bleik erg godsdienstig te wees, maar mis lyk my die verhouding met die Here deel.

    Wees versigtig om godsdiens en geloof met mekaar te verwar. Dit is so dat kerke baie uiteenlopende maniere godsdiens bedryf (kleredrag, kerkgewoontes ens), en dan sekerlik hulle teorie het hoekom dit so is. Hier moet ek erken het die mens nogal bietjie gefaal deur vir mekaar kwaad te wees eerder as om mekaar as broers en susters te omhels. Want alhoewel hulle in mekaar se verskille vaskyk, mis hulle die een ding wat hulle almal glo en belei en dis Jesus Christus. Hy is dus ons almal se Koning en Here. Dis Jesus wat ons almal aan mekaar bind.

    En dis ook hier waar ek wil sê, onthou, die idee van jou geloof is om ‘n lewende verhouding met Jesus te geniet. Nie die slawe juk van godsdiens moet saamsleep nie. Daar is ‘n verskil tussen iemand wat werk om verlossing te geniet, en die een wat werk omdat hy verlossing geniet. Jesus het ons mos geleer om die liefdesgebod nastreef. Jy is lief vir God en jy is lief vir die mense om jou. Indien jy hierdie dinge kan uitleef, dan leef jy in verhouding met die Here. Die liefde wat jy uitleef word jou ‘godsdiens’, maar jy kan sien waar dit begin. Dit begin by Jesus. En dit eindig beslis nie by vasgestelde meetbare godsdiensdoelwitte nie. Dit infiltreer jou hele lewe en hoe dink en doen. Daarom hou die Christen aan met bid en Bybel lees. Jy gaan kerk toe en jy loof die Here vir mooi dinge. So groei ons in ons verhouding met Jesus. En dan gaan leef en vertel jy vir ander van die ‘joy’ in jou lewe. Sommige mense raak betrokke in gemeentes by dinge wat hulle persoonlikheid by inskakel en ander raak weer aktief in hulle skole en werke betrokke by mense.

    Ek hoop dit maak vir jou sin wat ek hier getik het. Jy is meer as welkom om nog te vrae en te kommentaar as jy wil.

     
  3. Jan Hendrik Stander

    Januarie 9, 2014 at 9:43 vm

    Jakie,

    Ek hoop ek skryf op die regte plek, en dalk sien ek hierdie webblad te laat………nietemin.
    mag ek hier iets byvoeg.

    Charmaine,

    Jakie se verduideliking klink vir my so:

    Dis nie wat jy doen uit dwang wat jou regverdig maak nie.
    Dit is wie jy is wat jou regverdig maak.
    As jy in CHRISTUS is volg die doen outomaties. HY doen dan deur jou.
    Hy is ons enigste REGVERDIG MAKER.

    Hier is ‘n paar aanhalings uit die WOORD (JESUS) wat dit staaf: HY is die WOORD wat vlees geword het.

    Die Jehowa Getuies raak nie aan hierdie onderwerpe nie, en dit is die middelpunt van ons verlossing. (Ek los dit half sodat die versie nie uit verband geruk word nie. Lees telkens die hele hoofstuk deur. Vra die Drie-eenige GOD om dit vir jou te duidelik te maak. Die HEILIGE GEES sal dit doen!)

    1. Dit is die Ewige Lewe!……. (Jon 17:3)
    2. Ek is met CHRISTUS gekruisig en ek leef nie meer nie!……. (Galasiers 2: 20)
    3. Ek vermaan julle broeders by die ontferminge van GOD!…… (Romeine 12:1)
    4. Dit is die wil van GOD (2 Thes 4:3)
    5. Ek is my van geen ding bewus nie! (1 Kor 4:4)
    6. Daar is dan nou geen veroordeling vir die…. (Romeine 8:1)
    7. Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer (Romeine 8:29)
    8. Immers, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom…..(2 Petrus 1:3)

    Jy sal agterkom dat dit gaan oor ‘n nuwe skepsel en nie offers nie.
    Dit gaan ook oor ‘n bewuste en lewende verhouding met JESUS…..wat leef!

    “Christen” beteken “soos CHRISTUS”

    Ek word minder en HY word meer!

    Liefde en Vrede in CHRISTUS JESUS!

    Jan Stander

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: