RSS

Kontantbegrotings – die trog in die maand

19 Feb

Image

‘n Kontantbegroting is ‘n wonderlike stuk gebruiksartikel in besigheid. Dis ‘n dokument waar jy jou bank en kontantsaldos begroot vir ‘n periode in die toekoms. Die uiteinde is gewoonlik om maandeliks ‘n aanduiding te kry van waar jou bank en kontantsaldo sal eindig vanuit jou maandelikse aktiwiteite.

Dit gebeur egter soms dat alhoewel jou maandeinde saldos mooi inpas in jou beskikbare werkskapitaalbefondsing, byvoorbeeld kontant of bankoortrekking, gebeur dit soms veral in die middel van die maand dat jy vasdraai. Waarom werk die kontantvloei dan nie uit nie?

Hierdie toestand is veral waar by besighede wat dienste lewer en kontantinsette moet lewer waarvan die debiteure eers op maandeinde betaal. Jy dra dus nie net die 30 dae debiteur se insette aanvanklik nie, maar ook die huidige maand se insette.

Die geheim lê in ‘n addisionele lyn wat by jou kontantbegroting gevoeg kan word. In plaas van om net jou openingsaldo by jou ontvangstes te tel en dan die betalings af te trek om so doende jou eindsaldo te bereken, trek net die betalings by die openingsaldo af. Dit gee ‘n dan ‘n heel ander prentjie van jou finansieringsbehoefte. Hierdie syfer toon jou maksimum finansieringsbehoefte vir die maand. Is jou bankfasiliteit voldoende om dit te kan hanteer? Plaas hierdie lyn onder jou eindsaldo berekening vir die maand en noem dit iets soos “Maksimum finansieringsbehoefte“.

Vir besighede wat voortdurend kontant ontvang deur die maand, help finansier die voortdurende kontantvloei die ondernemings se insetbehoeftes, en so neem dit die lading van die fasiliteit af om as oorbruggingsfinansiering op te tree. Onthou  egter om seker te maak dat as daar groot kontantvloei behoeftes in die middel van die maand is om dit dalk in die aparte berekening te isoleer aangesien die volmaand se winste dan nie beskikbaar is om die enkelbetaling te finansier nie, tensy jou vorige maand surplusse natuurlik voldoende is.

 
Lewer kommentaar

Posted by op Februarie 19, 2014 in Rekeningkunde

 

Etikette:

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: