RSS

Blessings en Vermanings uit die boek Judas

20 Aug

Pray

Judas is ‘n een hoofstuk trefboek in die Bybel.

Ek het ‘n paar verse uitgelig wat vir my van waarde is. Ek het die gratis Ou Afrikaanse Vertaling op E-Sword gebruik. Voel egter vry om stadig en aandagtig die hele boek van Judas te lees. As jy lui is vir lees soos ek sal jy beslis van die een hou. Hy is lekker kort en samevattend.

Seengroet

Die boek skop af met hierdie wonderlike seengroet. Een om te onthou en vrylik uit te deel aan mense.

Jud 1:2  Mag barmhartigheid en vrede en liefde vir julle vermenigvuldig word!

Vermaning

Hier volg ‘n waarskuwing teen mense wat nie waarde in die Woord het nie en wat hulle gedagtes net op verstaanbare dinge vestig. Oppas vir hulle sê die Bybel.

Jud 1:10  Maar hierdie mense belaster alles wat hulle nie ken nie; en alles wat hulle, soos die redelose diere, op natuurlike wyse verstaan, daardeur gaan hulle te gronde.

Toorn

Selfs al het die Here ‘n pad gestap met jou en kies om nie te glo in Hom nie, kan die Here ontevrede raak met jou. Liefde en geloof in die lewende God deur Jesus Christus – thats the way to go.

Jud 1:5  Maar ek wil julle daaraan herinner, al weet julle dit nou eenmaal, dat die Here, nadat Hy die volk uit Egipteland gered het, daarna die wat ongelowig was, omgebring het.

Bemoediging en aksie

Hier is ‘n paar praktiese aksiepunte uit die boek Juda. Kyk na die toon van die sinne. Dis dringend en pleitend amper. Moenie verslap in dit nie. Volhard en volg dit na met passie.

Jus 1:3b                …het ek die noodsaaklikheid gevoel om julle deur my skrywe te vermaan om kragtig te stry vir die geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is

Jud 1:17-19  Maar julle, geliefdes, moet die woorde onthou wat tevore gespreek is deur die apostels van onse Here Jesus Christus, dat hulle vir julle gesê het: In die laaste tyd sal daar spotters wees wat volgens hul eie goddelose begeerlikhede wandel. Dit is hulle wat skeuring maak, sinnelike mense wat die Gees nie het nie.

Jud 1:20  Maar julle, geliefdes, moet julleself opbou in jul allerheiligste geloof en in die Heilige Gees bid

Jud 1:21  en julleself in die liefde van God bewaar, terwyl julle die barmhartigheid van onse Here Jesus Christus tot die ewige lewe verwag.

Jud 1:22  En aan sommige wat twyfel, moet julle barmhartigheid bewys;

Jud 1:23  maar ander moet julle met vrees red deur hulle uit die vuur te ruk; en ook die kleed moet julle haat wat deur sonde bevlek is.

Lofsang

En dan die grand finale – alle eer aan die Here. Nog een om te onthou wanneer jy in aanbidding die Here wil loof met heuning op jou lippe tot Sy eer.

Jud 1:24-25  Aan Hom nou wat magtig is om julle van struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig, aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou en tot in alle ewigheid! Amen.

Ek het onlangs na ‘n DVD aanbieding van Gretha Wiid gekyk. Dit het my geinspireer om weer opnuut die Woord van God te belees, te onthou en uit te spreek. Daar is beslis Lewe in die Woord! En bid dan dat die Woorde van Judas ook vir jou deur die Heilige Gees se werke sal inspireer tot ‘n lewe naby die Here, soekend na ‘n liefdesverhouding met Jesus Christus – die gesalfde! Amen🙂

 

 
Lewer kommentaar

Posted by op Augustus 20, 2014 in Geloof

 

Etikette: , ,

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: