RSS

Jan van Meel – Episode 1

21 Aug

Ontmoet vir Jan van Meel

Jan se droom is om sy eie besigheid te begin, meer spesifiek, ‘n koekiefabriek. Jan is egter bekommerd dat hy niks van Rekeningkunde verstaan nie en dat sy boekhouding hom flussies in die steek sal laat. Toemaar Jan, ons sal jou mooi lei deur die hele storie.

Jan 1 3

Kom ons begin. Jan, wat het jy om jou besigheid mee te begin? R100? Sjoe, jy het seker lank gespaar om dit bymekaar te kon maak. Nou dan kan ons mos sê Jan het sy eerste bate in die hand: R100 kontant. Kom ons stop gou hier en verstaan net vinnig iets baie belangrik van Rekeningkunde. Rekeningkunde (kom ons noem dit voortaan net Rek) bestaan uit twee kante naamlik Debiet en Krediet. Wanneer ons ‘n opsoming van van al jou debiete en krediete maak, dan kry jy ‘n proefbalans. Hierdie is die fondasie van Rek. Debiet en Krediet moet ten alle tye dieselfde wees. Vir elke transaksie is daar dus ALTYD ‘n debiet en ‘n krediet.

Jan, ons sal dus na elke nuwe transaksie, kyk hoe dit jou proefbalans beinvloed.

Die proefbalans word opgedeel in twee onderafdelings, alle inkomstes en uitgawes is een, en alle bates, laste en eienaarsbelang is die ander. Ons sal later soos ons vorder meer duidelikheid hieroor meedeel.

Jan, jou R100 kontant is ‘n bate vir jou, aangesien dit iets is wat jy besit. Alle bates word altyd meer aan die debiet kant van jou proefbalans. Ons soek dus nou ‘n krediet inskrywing ne. Die krediet in die geval sal jou eie kapitaalrekening wees. Hoekom? Want jy sit die geld self in die besigheid. Jy het dit nie geleen by iemand nie. Jou kapitaalrekening is dus jou eie bron van finansiering. Nou weet ons ook dat Kapitaalrekening altyd meer word aan die kredietkant! So hoe lyk jou proefbalans nou?

Jan van Meel

Proefbalans

Rekening                             DT           KT

Kapitaalrekening                                  100

Kontant                                               100

Totaal                                   100         100

 Wat van jou Balansstaat Jan? Nee, dis nie ‘n skelwoord nie. Die nuwe naam vir ‘n Balansstaat is die Staat van Finansiele Posisie, want dis presies wat daarop verteenwoordig word: hoe lyk jou geldsake. Dit bestaan uit twee afdelings: Bates bo en Ekwiteit en Laste onder. Of anders gestel, wat besit jy (bates), en hoe betaal jy daarvoor (ekwiteit en laste). Ekwiteit is in hierdie geval jou kapitaalrekening. Die ander woord is Eienaarsbelang, met ander woorde, hoeveel geld sit jy self in die besigheid.

So tot dusver het Jan R100 (bates in kontant) en R100 ekwiteit (kapitaal rekening omdat die geld van Ja se eie beursie kom).

Jan van Meel

Staat van Finansiele Posisie

Bates

Kontant                                                R100

Totale bates                                         R100

Ekwiteit en Laste

Kapitaalrekening                                R100

Totale ekwiteit en laste                       R100

Jan 1 4

Jan het intussen, terwyl ons gesit en wonder het oor die wonders van debiet en krediet, somme gemaak of sy R100 kontant genoeg sal wees om koekies te kan begin bak. Na hy in die kruidenierswinkels se advertensieblaaie van sy pa se Sondagkoerant geblaai het opsoek na winskopies, het hy besef hy het te min geld. Hy sal moet leen by iemand. Jan besluit om by sy ma R50 te vra om te help met die eerste aankope. Jan se ma is opgewonde oor sy besigheid en stem in om die R50 aan hom te leen. Knap gedaan Jan!

Nou het Jan R150 in sy beursie, maar hoe lyk sy proefbalans en Balansstaat nou? Kom ons kyk…

Jan van Meel

Proefbalans

Rekening                             Dt           Kt

Kontant                                                150

Kapitaalrekening                                   100

Lening – Ma                                           50

Totale                                   150         150

Mooi, Jan se proefbalans klop nog. Nou die Balansstaat…

Jan van Meel

Bates

Kontant                                                150

Totale bates                                         150

Ekwiteit en Laste

Ekwiteit

Kapitaalrekening                                   100

Laste

Lening – Ma                                          50

Totale Ekwiteit en Laste                         150

Netjies. Let nou op dat Jan se eie R100 as eienaarsbelang onder ekwiteit lê, terwyl die lening van sy ma as ‘n las getoon word. Onthou van vroeer, wat jy het (die kontant) toon as bates en hoe jy dit bekom toon as Ekwiteit en/of Laste (R100 kapitaal en R50 lening). Maar waarom is die hele R150 kontant nou bates? R50 daarvan is mos nie Jan s’n nie? Goeie vraag, maar onthou, Jan het die kontant fisies nou in sy besit, maar hy skuld ook die geld aan sy ma. Daarom word al die kontant in sy beursie bymekaar getel en sy ma se lening apart getoon as las. Indien sy dadelik die geld terug wou hê, sou hy mos dit uit sy beursie moes haal en terug gee, nie waar nie? Dis dan presies hoe ons dit in die state wys.

So gepraat van terugbetaal. Jan se ma het wel vir hom gesê dat hy so gou moontlik haar R50 moet terugbetaal. Hierdie is dus beslis ‘n lening, en nie ‘n subsidie nie! Jammer Jan.

Nou is Jan gereed om voorraad aan te koop. Hy het sy huiswerk mooi gedoen in die advertensieblaaie en gaan die volgende dag op sy fiets klim om inkopies te gaan doen. Slaap nou maar eers lekker Jan. Jy het baie geleer vandag en more is ‘n groot dag. Vanaand droom Jan net van debiete en krediete en koekies!

Jan 1 2

Kopiereg – Jacques van Zyl (2014)

 
2 Kommentaar

Posted by op Augustus 21, 2014 in Jan van Meel, Rekeningkunde

 

Etikette: , , , ,

2 responses to “Jan van Meel – Episode 1

  1. trina

    Julie 22, 2015 at 9:21 vm

    Baie dankie vir epidode 1. Selfs ek kan dit nou verstaan! Is daar n epidode 2?, 3? Ens. Vraag: Wanneer ek skuld terugbetaal en ek betaal meer terug as wat ek skuld, word dit as dt of kt op rekeningstaat aangedui?

     
    • Jakie

      Julie 22, 2015 at 10:57 vm

      Hallo Trina. Ek is bly dit het bietjie gehelp. Ja daar is ‘n episode 2. Hier is die direkte skakel:
      https://jakie.wordpress.com/2014/09/12/jan-van-meel-episode-2/
      Jy kan ook op my kategorie filter (regs bo) kliek en dan ‘Jan van Meel’ kies. Al die toekomstige episodes sal dan onder mekaar lys in die leeskolom. Nuutste heel bo.

      Jy sal mos maak dat ek nou werk aan Episode 3!

      Jou vraag:
      Enige betalings op jou skuld sal as debiet verreken word teen die skuld (wat mos ‘n kredietsaldo het). Dus as jy die skuld saldo verby steek met betalings sal die netto effek ‘n debietsaldo wees, wat ‘n bate op jou balansstaat is en wat dus beteken daardie skuldeiser is nou iets aan jou verskuldig.

      Dankie vir jou kommentaar!

       

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: