RSS

Daffy Duck die wat?

03 Sep

Daffy good

Ek het in my jonger jare Daffy Duck strokies baie geniet. En selfs nou sal ek graag kyk hoe Daffy Duck met sy lawwighede en deurmekaar opvatting van die lewe saam met sy vriende Bugs en Porky (en deesdae ook Lola) allerlei vreemdhede aanvang.

Maar onlangs was ek bietjie geskok en teleurgesteld toe die strokieskrywers besluit het om Daffy te vertoon as ‘n Necromancer. ‘n WAT? was my eerste vraag. En as ek na die steurende beelde van towery kyk, besef ek hier het iets fout gegaan. Waarom wil hulle kinders aan dit blootstel. Nou beteken dit ek kan nie in vrede my kleiners na Looney Tunes laat kyk nie, want wanneer gebeur daar weer so iets? 

So wat is ‘n Necromance? Wiki sê:

A necromancer is a person who practices necromancy, a discipline of black magic used to communicate with the dead to foretell the future.

Nie juis vrug van die Gees nie. En dan lyk die karakter so…

Daffy bad

Ek wil nie soos ‘n ou pit klink nie, maar ek as ouer moet waaksaam wees vir die tipe negatiewe sentimente waaraan ons kinders op televisie in oonskeinlike onskuldige strokies aan blootgestel word. Geweld, towery, haatspraak (veral Cartoon Network se sprokies, eish) en sulke sake. Dit is my beskeie opinie dat dit wat jou kinders se oge inneem gaan vestig erns in hulle koppe en harte. Dus, kom ons saai eerder mooi goed in ons kinders se harte as lelike haatlike goed wat nie van die Here kom nie.

Hoe maak ek dan verder? Ek laat hulle beslis voortaan na Looney Tunes kyk, maar sal moet konstant varkoor gooi oor wat daar aangaan en as ek hoor dit val buite die grense wat ek voel aanvaarbaar is, sal ek moet ingryp en of die kanaal verander, dit afsit en ook beslis aan hulle verduidelik hoekom ek dit doen.

Wees waaksaam ouers, die bose in die wereld wil ons kinders se harte kom vergiftig van wat mooi en goed is. pas op na wat jy jouself kyk en ook wat jy jou kinders laat kyk.

 

 

 
5 Kommentaar

Posted by op September 3, 2014 in Geloof

 

5 responses to “Daffy Duck die wat?

  1. Net Ek

    September 3, 2014 at 8:06 vm

    Dis verskriklik! Hoekom op dees aarde sulke goed in KINDERSTORIES inbring?

    My kinders is al effens ouer (hoërskool), en een van hulle gunsteling stories jare terug was Cow & Chicken. Baie oulik, maar groot was my skok toe ek agterkom hoevvel keer verwys hulle na seks – wat die kinders glad nie snap nie, maar ons as grootmense wel. Hulle cater mos nie vir grootmense met die stories nie, so hou dit skoon!

     
  2. Net Ek

    September 3, 2014 at 8:06 vm

    Wou nog byvoeg, dis maar net my beskeie mening, ek is nie ‘n expert of so nie! 😉

     
    • Jakie

      Oktober 9, 2014 at 10:05 vm

      Nee mens sien wat jy sien. En ek word al hoe meer ontnugter oor die goed wat opgedis word aan kinders. Ons hou oor die algemeen nie van CN nie, maar daar ons het weer besef onlangs hoekom nie. In die strokies is die karakters gereeld lelik en afbrekend met mekaar.

       
  3. Jakie

    September 3, 2014 at 8:13 vm

    Dankie vir jou kommentaar Net Ek. Ons het ‘n paar jaar gelede Planet 51 gaan kyk met die kleingoed, maar Ster Kinekor het besluit dat dit gepas is om een of ander geweldadige fantasie movie se voorprente te skou waar monsters mekaar se koppe afruk ens. Ek het hulle die volgende dag ingelig dat dit nie vars is nie. Hulle het darem om verskoning gevra en dat hulle daarna sal oplet.

     
    • Net Ek

      September 3, 2014 at 8:52 vm

      Ja dis asof die mense net nie aldag dink nie!

      Ouerskap is beslis nie vir sissies nie nê!

       

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: