RSS

‘n Klaaglied

04 Sep

Complaining

Wat druk dan

so teen my gees?

Iets tasbaar swaar

Maar sonder beeld of vlees.

Dit jaag my rond

waar ek sit;

maak my benoud.

ek haat dit!

 

Sy skadu doof ambisie uit,

jaag my vreugde weg,

‘n swart geverfde ruit.

Los my in vrede!

jou ding van vrees!

ek wil verjeug oor die hede,

en nie alleen wees.

 

Sonder tralies of mure

hou jy my vas vir ure.

Gaan weg, jou angs trol

ek wil uit jou modderpit rol.

 

Selfs hierdie woorde

hier getik

Is op ‘n manier

nog vasgedruk.

Ek sou eerder wou skreeu en vloek

Dalk so ‘n stuk verlossing soek.

 

Ag, vandag is maar net

een van daardie dae

net reg vir speelgoed gooi

en kla.

 

 
2 Kommentaar

Posted by op September 4, 2014 in Gedigte

 

Etikette: , , , ,

2 responses to “‘n Klaaglied

  1. Net Ek

    September 4, 2014 at 7:39 vm

    Ek hou van die!

     
    • Jakie

      September 4, 2014 at 7:45 vm

      Ek dank u

       

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: