RSS

Gesonde Geloofslewe

10 Sep

Hope

Vanoggend begroet die volgende teksvers my op my selfoon se voorblad:”Ek bid dat God in wie julle al julle hoop stel, elke deeltjie van julle geloofslewe sal vol maak met blydskap en vreugde. Dan sal julle, deur die groot krag van die Heilige Gees in julle lewens, altyd oorvloedig hoop hê. Dan sal julle onwrikbaar vashou aan die Here, kom wat wil.” (Die Boodskap) Dit staan in Romeine 15:13

Wat sê wiki van ‘hoop’:Hope is an optimistic attitude of mind based on an expectation of positive outcomes related to events and circumstances in one’s life or the world at large.[1] As a verb, its definitions include: “expect with confidence” and “to cherish a desire with anticipation”.

Dis ‘n wonderlike seenwens as inspirasie vir geestelike groei. As God dan elke deel van jou geloofslewe kom ophelder met vreugde en blydskap deur die Heilige Gees, sal daar meer hoop in jou wees was jy kan hanteer. Oorvloedig. En daardie hoop sal jou laat bly vertrou op die Here, maak nie saak wat oor jou pad kom nie. ‘n Verwagting dus vir ‘n positiewe nadraai vir omstandighede in jou lewe en beslis vir jou lewe in die ewigheid.

Dus lees ek hier ‘n intieme verhouding waar jy hoop in God het. As jy hom vra om jou met vreugde te vul sal die hoop wat jy in God het net groei en groei. Soms voel dit my ons skraap net aan die potensiaal van vreugde en vertroue in die Here. Dat ons eintlik ons so blindstaar in als om ons, dat ons die Here mis. Ek kan net indink dat as jy jou hoop so in die Here sit dat die Heilige Gees jou meer en meer vul en dring, dat dit die wonderlikste verhouding moet wees. Dit laat my dink aan Petrus wat sy hoop op Jesus gevestig het toe hy uit die skuitjie geklim het en op die water na Jesus geloop het. Maar met twyfel oor die golwe om hom begin sink het.

Ek kan net dink dat stilte tyd met die Here ‘n sleutel element is om te groei in jou intimiteit met die Here. En dan kan ons as medegelowiges in Jesus Christus vir mekaar seen deur vir die Here te vra dat Hy elke deeltjie van ons geloofslewe sal vul met sy vreugde en bleidskap sodat ons oorvloedig hoop sal hê in Hom en so bou ons ons huis op die rots.

 
Lewer kommentaar

Posted by op September 10, 2014 in Geloof

 

Etikette: , , ,

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: