RSS

Jan van Meel – Episode 2

12 Sep

Die eerste voorraad

Goeie dag Jan. Vandag gaan jy jou eerste voorraad koop om koekies mee te bak, en hopenlik sal jy genoeg geld maak om jou ma terug te kan betaal en darem iets in jou eie sak steek ook.

Jan 2 2Nadat Jan al sy draaie gery het en weer terug is by die  huis, kyk ons nou na sy aankope en wat dit gaan doen aan sy proefbalans en balansstaat.

Jan het Meel, Suiker, botter, eiers en melk gekoop. Dit alles het hom R120 gekos. Hy het dus nog R30 in kleingeld in sy beursie. Al die bestandele wat hy vir die koekies gekoop het is rou voorraad en staan bekend as, wel,  voorraad🙂 Voorraad is ook iets wat Jan besit en is dus ook ‘n bate. Al wat nou gebeur is dat Jan verruil van sy kontant bates vir voorraad bates. Die bron van die kontant is nog dieselfde en het dus Jan 2 3nie verander nie. Die R100 kom nog steeds van sy eie sak, en die R50 nog steeds van sy ma-lening.

Jan van Meel

Proefbalans

Rekening                             Dt           Kt

Kontant                                30

Voorraad – rou                   120

Kapitaalrekening                                100

Lening – Ma                                       50

Totaal                                150          150

 

Gou iets oor voorraad…

Daar is twee manier om jou voorraad in jou boeke aan te teken: volgens die deurlopende stelsel en volgens die periodieke stelsel.

Deurlopend

Met deurlopend beteken dit soos jy voorraad aankoop en verbruik of verkoop jy detail rekord daarvan hou. Tipies sal jy dan al jou voorraadaankope in die Balansstaat aanteken en eers in die inkomstestaat inskryf soos jy die voorraad verkoop.

Periodiek

Periodieke voorraadstelsels maak staat op gereelde voorraadtellings om eindvoorraadsyfers te bekom. Alle aankope word dan in die inkomstestaat aangeteken as Aankope, en die voorraad beweging word dan verreken met telling aan die begin en einde van die periode om die beweging te rekonsilieer.

Ons sal later meer detail hieroor hanteer.

Gelukkig vir ons het Jan net genoeg voorraad aangekoop om dit alles te gebruik vir sy eerste koekies. Dankie tog. Dit spaar ons baie moeite (vir nou).

Nou waarvoor wag jy Jan, begin bak sodat ons kan sien hoe lyk jou koekies.

Jan 2 1Die koekies het mooi uitgekom en Jan kon sommer ‘n klomp koekies bak uit sy bestandele. ‘n Interessante ding het nou gebeur. Jan se voorraad van rou produkte het nou voorraad van ‘n verwerkte produk geword. Aangesien Jan sy ma se stoof en kombuis gebruik het, is al inset wat dit hom gekos het, net die bestandele waarvan hy alles gebruik het. Dus het die koekies mos nou dieselfde waarde as die som van al sy bestandele. Nie waar nie? So ons sal dus op die proefbalans selgs een aanpassing souk on maak as ons wou, en dit is om sy voorraad se naam te verander van rou materiaal voltooide goedere…

Jan van Meel

Proefbalans

Rekening                             Dt           Kt

Kontant                                 30

Voorraad – voltooid             120

Kapitaalrekening                                  100

Lening – Ma                                          50

Totaal                                 150           150

Jan is bitter opgewonde, want in die eerste plek is sy koekies nie aangebrand nie, en in die tweede plek gaan hy nou dalk daardei koekies kan verkoop en geld maak. Sy ma is natuurlik ook opgewonde, want nou kan sy dalk haar R50 terugkry.

Al wat Jan nou moet doen is om sy koekies te bemark, ‘n koper te kry en so sy koekies verkoop vir kontant.

 
Lewer kommentaar

Posted by op September 12, 2014 in Jan van Meel

 

Etikette: , ,

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: