RSS

Terugkykglimlag

26 Sep

Vallei

Ek geniet dit om van tyd tot tyd terug te lees op my blog argiewe en die herinnering te geniet aan die dinge wat oor my pad gekom het en wat ek belangrik genoeg geag het om oor te skryf. So lees ek die laaste sin van ‘n inskrywing op 8 Augustus 2006 wat eintlik as ‘n naskrif in hakies bygevoeg was. Dit lees dat ‘n goeie vriend op die oomblik van die inskrywing vir my per sms gevra het om ‘n heildronk op hom en sy bruid in te stel op hulle troudag. Ek het verder kommentaar gelewer dat dit ‘n gawe gedagte was.

Onwillekeurig reis by gedagtes 2 maande aan na die dag van die troue. Anja was een twee weke oud. Ek was ook gevra om ‘n lied te sing vir die paartjie. Dit het uiteraard al my energie geneem om daarvoor voor te berei en die heildronk stukkie het ek heel vergeet. So breek die dag aan en ek sing, en sing. My hart uit. En nogsteeds dink ek nie aan die sms van 8 Augustus 2006 nie. Tot die seremonie meester my inlig presies waar my heildronk gaan inpas in die program…

Daar tref dit my. Ek het heel vergeet daarvan. Die beste van als was dat dit amper die eerste item op die lys was. So, daar gaan jy. Maak jou speech! Ek het besluit om eerlik te wees en aan bruidegom prontuit te belei dat ek vergeet het. Dit was ‘n prettige oomblik wat ‘n goeie giggel uitgelok het by die gehoor, so daar was my heildronk al klaar ‘n sukses. Maar ek maak dit maar amptelik deur vir hulle ‘n seen toe te wens.

Beslis ‘n goeie herinnering.🙂

 
2 Kommentaar

Posted by op September 26, 2014 in Waarneming

 

Etikette: ,

2 responses to “Terugkykglimlag

  1. Net Ek

    September 26, 2014 at 10:02 vm

    Ja ek moet sê, ek geniet dit ook om soms terug te lees in my ou inskrywings.

    Soms kan ek nie dink dat dit was hoe ek oor ‘n sekere ding gevoel het nie. Dit wys my net dat tyd BAIE dinge heel maak ook.

     
    • Jakie

      Oktober 9, 2014 at 10:00 vm

      Dis nou wraggies so. Ek vind ook gereeld humor in die goed wat mens beleef het. Ek is bly dat ek tog die tyd geneem het om dit neer te pen en weer kan beleef. Ook skokkend hoe vinnig die tyd aangestap het.

       

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: