RSS

Jou liefde wat sing

12 May

Ek het op my amper verlore data gaan soek na ‘n dokument en op die skrywe afgekom. Ek het dit op 17 Feb 2014 geskryf oor ‘n lofsang geleentheid by die kerk saam met my vrou. Ek kan werklik nie onthou dat ek dit geskryf het nie, maar waaroor ek geskryf het is helder bekend, en die beelde wat dit voortbring maak my sommer vooraf verlief op my Dimpies. Voorwaar ‘n stukkie verrassing vir my. Ek hoop jy die leser geniet die skrywe…

liefde skrywe

Wyl  ons loflied klink uit kerkbanke

Volg ook saam my geestes danke

As ek dan wegkyk van die woorde

En eerder kyk na jou lippe klanke.

Ek sien jou gesig wat stip bly sing

En hoe dit dan ouer prentjies bring

van tye terug, ook saam met lof

waar jy my hart al dieper dring.

Die woordjie ‘smag’ klink dalk oordreef

Maar dis tog een wat soek en streef

Na lewe ver bo alles sleg

‘n lewe saam met jou te leef.

Dis jou liefde wat my nog steeds dring

Wat my by n plek van aanbidding bring.

So verhef ons saam ons stem tot lof

en so ons lied tot die Here sing.

 
2 Kommentaar

Posted by op Mei 12, 2015 in Gedigte

 

2 responses to “Jou liefde wat sing

  1. Karien Mostert

    Mei 12, 2015 at 9:40 vm

    Baie mooi en soooo romanties!

    Karien Mostert

    Tel: (022) 713 1943

    Cell: 083 659 3276

    Fampak Vredenburg : (022) 713 3896

     
  2. Jakie

    Mei 12, 2015 at 9:53 vm

    🙂 Dankie

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: