RSS

Sondagbaadjie

22 Feb

Begging for Mercy

Close up of male hands tied in a rope

My Sondagbaadjie uitgetrek

en my arms uitgestrek

om die nuwe week te groet.

Met minder lof en meer gesoek

na iets buite die Heilige boek.

Nes kinders wat jy weer vermaan

oor dieselfde foute, weer begaan,

so ook sal ek soos ‘n ritueel

by dieselfde straathoek speel.

Daar waar ek nie met my Sondagbaadjie

en my Heilige boek sal vertoef.

 

Jammer, Here, ek voel so naby

tog so ver

van die groter doel wat U wil hê.

 

Sal ek dan net een week, nederig

sonder skoen, by die braambos

vertoef, met die oop Heilige boek

luister en leef, terwyl U vergeef.

Kopiereg Jacques van Zyl 2016

 
1 Kommentaar

Posted by op Februarie 22, 2016 in Gedigte, Geloof, Uncategorized

 

Etikette: , , , , ,

One response to “Sondagbaadjie

  1. Karien

    Februarie 22, 2016 at 11:33 vm

    Shoe, jy is op die bol, né. Watter kreatiewe pilletjies drink jy?

    Karien Mostert

    Fampak West Coast

    Mariendahl Trust Gebou

    Velddrifweg

    Vredenburg

    022 713 1943

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: