RSS

Gekookte eier

02 Mar

eiers

Ja, so vanoggend was ek lus vir ‘n gekookte eier. Maar om die dood kon ek nie onthou hoe lank kook mens die ding nie. Na ‘n vinnige Google sessie, kon ek aflei dat 6 minute nie ‘n sleg opsie was nie. Dit was egter nie so eenvoudig nie. Hier is bietjie tegniek betrokke en natuurlike ‘n paar alternatiewes oor hoe om die taak suksesvol af te handel. Ek het maar gehou by die ‘old school’ kook in ‘n potjie en het geeindig met ‘n ontbyt van lieflik semi hard gekookte eier op roosterbrood en ‘left over’ wors van gisteraand.

Hier is ‘n opsomming van my poging:

  1. Gooi water in ‘n kastrol, genoeg om jou die aantal eiers wat jy wil kook te bedek.
  2. Gooi bietjie asyn by (my ma sê dit maak dat die eier nie kraak tydens die kookproses nie).
  3. Bring die water tot kook voor die eiers in die kastrol geplaas word.
  4. Plaas die eiers in die kookwater en draai die plaat af tot 1 – gebruik ‘n lepel om die eier saggies in die water te lê.
  5. Kyk die tyd. Laat die eier nou 6 minute lank in die water lê terwyl die water stadig van kook afgaan.
  6. Na 6 minute, sit die plaat af, gooi die warm water af en spoel die eiers met koue water tot jy die eier koel na lou is.
  7. Skil en geniet. Die eier behoort nou meestal hard en effe romerig te wees.
  8. Klop jouself op die skouer dat jy ‘n eier suksesvol kon kook.

‘disclaimer’ – ek is nie ‘n kok nie. Dalk het die maan en sterre mooi bymekaar gekom vandag en dit het gewerk. Dalk werk dit more nie. As iets nie gewerk nie, bv die eier is te hard, kook dit 5 minute, of te sag, kook dit 7. Dan maak die jy die resep jou eie! Dis mos die lekker van kook.

 

 

 
2 Kommentaar

Posted by op Maart 2, 2016 in Kos

 

Etikette: , , ,

2 responses to “Gekookte eier

  1. Karien

    Maart 2, 2016 at 7:50 vm

    What the hell?? Jy niks om te doen nie

    Karien Mostert

    Fampak West Coast

    Mariendahl Trust Gebou

    Velddrifweg

    Vredenburg

    022 713 1943

     
    • Jakie

      Maart 2, 2016 at 8:11 vm

      Baie om te doen, maar dit MOES net gesê word. Vat mos nie lank om te sê nie…

       

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: