RSS

Debiet en krediet

09 May

Daar is sekerlik baie te sê oor debiet en krediet. En net dalk is dit genoeg om enige student van Rekeninkunde heeltemal ‘n afkeer te gee in die vak.

Ek lees vandag op Wiki dat die woord debiet en krediet is afgelei van die latynse woorde debere en credere. Debere beteken om te skuld en Credere om toe te vertrou. Dit was interessant om te weet, maar gaan jou na alle waarskynlikheid niks help nie. Veral nie as jy nog op skool is en deur dit moet worstel nie. So, hier is my ppoging om dit in eenvoudige Afrikaans te verduidelik:

Weens die dubbelinskrywing stelsel van rekeningkunde, weet jy darem seker al dat elke debiet moet ‘n krediet hê (soos die ying-yang van boekhou). So wat ookal jy doen, en veral as jy boeke met die hand moet doen, maak seker vir elke debiet is daar erens ‘n krediet van dieselfde waarde. (As jy boekhou met boekhou sagteware sal die program die dubbelskrywing namens jou behartig.)

Nou wanneer is iets debiet en wanneer krediet? Ek onthou dit so: In die Balansstaat (of staat van finansiele posisie) is daar basies twee dele – wat jy besit (bates) en hoe jy daarvoor betaal het (ekwiteit en laste). Dalk het jy al die B = E + L formule erens gesien. Dis presies net dit. Bates is ‘n debiet ding en dus is ekwiteit en laste ‘n krediet ding.

En aangesien die inkomstestaat ‘n opsomming van jou wins en verlies is, en wins en verlies deel van jou ekwiteit of eienaarsbelang is, beteken dit dat jou inkomstestaat dieselfde resep aanneem as jou Ekwiteit – dus ‘n krediet ding. Dit beteken eenvoudig dat jou inkomstes jou wins meer maak, en dus ‘n krediet inskrywing is en uitgawes jou wins minder maak en dus ‘n debietinskrywing is.

Moet tog nie uitgawes probeer parallel met bates omdat beide debiet is nie. Dit gaan jou net deurmekaar maak. Hou by die B = E + L formule.

Kom ons toets die resep:

As ek ‘n bate soos ‘n voertuig in my besigheid koop, word my bate meer en is dit ‘n debietinskrywing (dus die “wat ek besit” deel). Ek betaal of vir die bakkie kontant of met ‘n lening. Die krediet inskrywing (of “hoe betaal ek daarvoor”) sal dus of Bank of ‘n leningsrekening wees. Dalk moet ek jou bietjie deurmekaar maak hier: Bank is of ‘n bate omdat daar geld in die bank is, of dis ‘n las omdat jy ‘n oortrokke saldo het. Die batige saldo sal op twee maniere tot stand gekom het – of omdat jy wins gemaak het of omdat jy geld daar ingestort het uit jou eie fondse. Daardie wins en instort is mos ekwiteit – so indirek dan is jou kredietinskrywing gefinansier erens in die verlede uit ewkiteit (wins of storting). Al goed deurmekaar? Jammer, ek moes net vir deeglikheid die klip in die bos gooi.

Nog ‘n toets:

Jy betaal jou selfoonrekening vir jou besigheid. Die debietinskrywing is ‘telefoon uitgawes’ omdat jou uitgawes jou wins minder maak en die krediet inskrywing sal jou bank wees omdat jou batige bank nou minder geword het of jou skuldlastige oortrokke saldo meer geword het.

Laaste een:

Jy verkoop koekies en ontvang geld vir die kontantverkope: Jou krediet is verkope omdat jou wins meet geword het by die verkope van die koekies. Jou debietinskrywing is dan…??? raaiskoot???

Ja, jou bank. Omdat jy kontant ontvang het, dit ‘n bate is vir jou en dit nou meer geword het.

Ek sal dalk in ‘n ander blogpos vertel wat ‘n bate is, indien jy dalk sou sukkel om te verstaan wanneer iets vir jou ‘n bate is of nie.

Maak dit sin? Los ‘n boodskap in die kommentaar as die verduideliking gehelp het.

 
3 Kommentaar

Posted by op Mei 9, 2016 in Rekeningkunde

 

Etikette: , ,

3 responses to “Debiet en krediet

  1. Hendrik van Niekerk

    Oktober 23, 2016 at 3:06 nm

    Jak, man n vraag asb. Op die boeke staan—-bate. trekker R15000.. — dt.in wins op verkope R25000 [inkomste kant]….. ook natuurlik kt in bank vir R25000… vergeet om die bate dood te maak… Hoe kry ek die bate weg uit die boeke,en dan is daar eintlik net 10000 wins [kap.wins as ek reg is]… Jammer ek kan nie t-rekenings teken nie.

     
    • Jakie

      Oktober 24, 2016 at 6:51 vm

      Hallo Hendrik. Jy bedoel seker Kt in wins en Dt in Bank? Ek aanvaar dus jy het die trekker vir R25’000 verkoop kontant. Die R15’000 in jou boeke vir die trekker as Dt onder bates, bestaan heel waarskynlik uit twee dele: Die kosprys van die trekker as Dt inskrywing en Opgehoopte waardevermindering as ‘n Kt inskrywing. As dit so is, dan is die verskil tussen die twee die R15’000 Dt wat dan jou boekwaarde van die trekker verteenwoordig. Normale praktyk sal wees om die kosprys waarde te Kt en dieselfde waarde te Dt in wins met verkope en die opgehoopte waardevermindering te Dt en dieselfde waarde te Kt in die wins met verkope. Alternatief as daar net R15’000 teen bates staan, Kt dan bates met R15’000 en Dt wins met verkope met R15’000. Die netto resultaat is dan R25’000-R15’000 = R10’000 wins met verkope.

      As jy ‘n kosprys en opgehoopte waardevermindering gehad het, dan sal die R10’000 wins ‘n verhaling van waardevermindering wees wat ‘n belasbare item is. Indien die trekker egter R15’000 gekos het en jy verkoop dit vir R25’000, dan is die R10’000 kapitaalwins wat dan ingesluit word by jou belasbare inkomste teen die insluitingskoers wat van toepassing is op die entiteit wat jy die trekker in hou (synde persoonlik, trust of maatskappy). Maar dit is ‘n belastingkwessie en nie meer ‘n Dt en Kt saak nie.😀

      Ek hoop dit help!

       
      • Hendrik van Niekerk

        Oktober 24, 2016 at 3:51 nm

        Baie dankie Jakie.

         

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: