Vroegaand hoor jy haar
Bulk en knor
Vuil, moeg en deur getrap
Wyl iemand haar sleep,
Aan oor en poot
Uit die sloot.
Storm sy die kamp in
Vol stof en wond.
Sy vertrap en verskeur
Soos sy druk en beur
Om te wys dat sy nog leef
Al is haar lyf al krom en skeef
Heel nag lank kerm en kla sy
En haar spore grou diep in die grond
Terwyl sy stof op skop
en mor
Teen skemer het ‘n gespanne stilte oor die werf gedaal
die plek waar die koei was nou leeg en kaal.
maar terug in haar sloot,
bedek met ‘n digte oggend mis,
hoor jy haar nog rond dwaal
tot iemand haar weer uit die sloot gaan haal.
Kopiereg – Jacques van Zyl (2017)