RSS

Anja – Eierhouers is die lewe

13 Des

Blommie en bytjieBytjie 

Ek kan nie glo ek het so lank terug geblokeer nie. Nie asof ek nou moet studeer of iets nie. Maar heelaas. Eks terug met nog ‘n stukkie belewenis in my lewe.

 Ek en die vrou wou graag vir ons klein Anja een van daai speel rakkie goed koop waaronder die kindjes le en op kyk en kwyl oor die gedroggies wat hang en afkyk na baba. Maar o wee. Die goed kos ook maar soveel soos die bevalling. Dus het pappa besluit dat met ‘n tikke initiatief, kreatiwiteit en tyd, kan mens dalk iets sommer maak.

DUS: sonder om in te veel detail te gaan (stap vir stap sal volg in ‘n volgende blok) het ek dowels gekoop om ‘n rakkie te maak. Ek het besluit om blommetjies en bytjies te maak wat op die rakkie gaan hang. Ja dis reg,  ons leer Anja sommer vroeg al oor die goed. Die blomme en bye is gebasseer op die ronde dele van karton eierhouers. Daardie goed is die prys van eiers beslis werd.

Ek het die goed geverf, kreatief met lap, tou en “beads” geraak en siedaar – toys for joys!

Ek kan met plesier verslag lewer dat Anja dol is oor haar blomme en bye!

 
4 Kommentaar

Posted by op Desember 13, 2006 in Uncategorized

 

4 responses to “Anja – Eierhouers is die lewe

  1. pualine

    Desember 21, 2006 at 7:08 nm

    Oulike bytjie het pa dit gemaak?

     
  2. Jakie

    Desember 22, 2006 at 6:10 vm

    Die bytjies is beslis Pa se werk. Eks egter bevrees dat tussen ma en baba hulle die raampie gebreek het waaraan die goete moet hang. Nou sal pa weer nuwe vernuf aan die dag moet le om dit te upgrade!

     
  3. Johan Swarts

    Desember 23, 2006 at 1:35 nm

    is ons nie supposed om twee unplugged songs vir maandag te oefen nie? 😉

     
  4. Jakie

    Desember 24, 2006 at 7:05 vm

    Um – ja… :-/

     

Lewer kommentaar op Jakie Kanselleer antwoord