RSS

Tag Archives: noag

Hoop vir more

Kraakplank dobber
Onseker in geloof
Als bekend verlore
Wyl noodkrete verdoof

Gevange in die uitkoms
Vooruitsig van iets nuuts
Net n God om aan te klou
Hoe verkoop mens daardie iets

As ander in jou oë kyk
Die twyfel daarin lees
Dryf terug na die bovertrek
Klambibber palms in vrees

Open geslote luike, vars lug
Verlig die benoudheid
Van ongure opgelope besmetting
Van die nuwe realiteit

In wysheid en bestuuring
Bring n duif die nuwe tyd
Die storm en kwelling van gister
Nou sy angel kwyt

Luister, almal wat wil hoor
Die goeie nuus verlig
N nuwe dag is gebore
Waarop ons hoop kan rig

As ratelstamp dobber bedaar
En steun teen vaste Rots
Sal slegs nog gister onthou
Ons van koers af bots

Waak dan, broers
My susters ook
Dat ons blik na more
Nie verval in gister se rook

 
Lewer kommentaar

Posted by op Februarie 24, 2022 in Gedigte, Geloof, Waarneming

 

Sleutelwoorde: , , ,