As die horison
Kop knik wuif in donker nag
Wyl die maan armlĂȘ
Nuuskierig loer,
Linie nylon draad die plat
Blou sny,
Wag ek, hier bo, in stilte.
Lees die stories
Wat die blou verklap
En ek bid
Dat die Skepper
Sy hand sal oopmaak
In die groot waters.
Sy gety laat draai
En verligting bring
Vir die visserman.
As dan die oes
Wit water woel
En elmboe begin wikkel,
Glimlag almal
En ek dank God
Vir nog n dag
Se genade.