‘n landskap strek
Ver wyd en syd.
hier, hoog bo,
Tier ek by n venster uit.
Hier waar wolkkombers
Verberg dat silwerrand
Eintlik n permanente son
Tydelik verskans.
Geen mense hand
Wat hartseer oes;
Wat haat versprei,
lewens verwoes.
U kon kies
Om hier te bly,
Van ver bespiet
En vrede geniet.
Maar U daal neer
Vir mens se hart
Om troos te bring
In pyn en smart.
Nog verder neer
Tot aan n kruis
Waar mense haat
Ware kleure wys.
Wat wil ek eintlik vra of sê?
Here, dankie dat ek
Vir n oomblik
My kop op U skoot kon lê